Permanente Ink
Author: Carina Dierericks-Hugo
ISBN 9780799352382
Kaapstad word deur 'n reeksmoordenaar geteister. Die Romeo-en-Juliet-moordenaar se slagoffers is almal tieners. Verliefde paartjies. En almal word op dieselfde manier gevind: die lyke langs mekaar neergelĂȘ, hul hande inmekaargevleg. Die meisies het 'n steekwond aan die bors en die seuns is vergiftig. Terwyl die polisie probeer om die moordenaar vas te trek, beland 'n groepie niksvermoedende tieners in 'n gevaarlike web wat al stywer span ...